#KiesDieLewe (Sagteband)

    #KiesDieLewe (Sagteband)

    Johan Smith
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R189.95

    R151.96

    101 lewenslesse om ’n waarlik fantastiese lewe te leef!

    Daar is mense wat elke dag opstaan en net bestaan. En dan is daar mense wat opstaan en kies om waarlik te lééf.

    In #KiesDieLewe deel Johan Smith 101 lewens­lesse wat jongmense sal help om ’n fantastiese lewe te leef. Die lewenslesse – geneem uit die lewens van Ben Carson, Katie Davis, Christine Caine, Craig Groeschel, Bob Goff, Henry Cloud, Boeta Dippenaar, Natalie du Toit, Penny Heyns, Gary Kirsten, Shaun Pollock, moeder Teresa en Bill Hybels – sal jongmense herinner dat wanneer jy jou hoop in Christus stel, jy oorwinning sál beleef. 

    Lewenslesse sluit onder andere in:

    ·           Maak die regte keuses

    ·           Gebruik jou tyd wys

    ·           Leef vir die hier en nou

    ·           Kies jou woorde versigtig

    #KiesDieLewe sal jongmense die moed en krag gee om God se plan en doel vir hulle lewe uit te leef.

    Oor die outeur

    Johan Smith is ’n skrywer, prediker en spreker. Hy besoek landswyd skole en kerke om ’n wye spek­trum van mense te bedien, soos jeug, ouers, gesinne, mans en vroue. Sy nuutgestigte niewinsgewende maatskappy, VitaAmp (www.vitaamp.org), fokus op bediening aan die jeug, onder­wysers, skool­hoofde, predikante, ouers en gewone lidmate. Moreletapark Gemeente is Johan se tuis­gemeente.