Kies Liefde (Sagteband)

    Kies Liefde (Sagteband)

    Stormie Omartian
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R169.95

    Verander jou eie lewe en lewensuitkyk onherroeplik.

    Dis ‘n keuse om in elke situasie liefde aan ander te bewys. Maar voor jy dit kan doen, moet jy kies om God se liefde vir jóú te aanvaar. Dit is op hierdie liefdeskeuses wat Stormie Omartian fokus in Kies liefde ...

    Ander sien God die beste in jou wanneer jy God se liefde weerspieël. Maar om dit te doen moet jy eers drie belangrike keuses maak. Dáárna sal jy God se liefde effektief en daadwerklik kan uitdruk.

    Die boek fokus op die drie liefdeskeuses wat jou lewe in liefde kan hul:
    1. Kies om God se liefde vir jou te aanvaar.
    2. Kies om jou liefde vir God uit te druk.
    3. Kies om ander lief te hê op ’n manier wat God behaag.

    Kies liefde ... gaan oor hierdie besluite en die beloning wat daarin opgesluit lê.

    Oor die Outeur

    Stormie Omartian is ’n topverkopende outeur en daar is al meer as 32 miljoen van haar boeke verkoop. Dit sluit The Power of a Praying®-trefferreeks in, waaronder The Power of a Praying® Life, The Power of a Praying® Wife en The Power of a Praying® Husband. Stormie en haar man, Michael, is al vir meer as 40 jaar getroud en het 2 volwasse kinders.