Keuses Wat Jou Lewe Kan Vernuwe (Sagteband)

    Keuses Wat Jou Lewe Kan Vernuwe (Sagteband)

    Rick Warren
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R64.95

    Leef in ooreenstemming met God se wonderlike doel vir jou lewe.

    Rick Warren sê die algemeenste vraag wat mense vir hom in sy eerste jare as pastor gevra het, is: “Waarom kan ek nie verander nie?” Mense smag daarna om te verander, maar hulle is vasgevang in hul eie gedragpatrone. In Keuses wat jou lewe kan vernuwe gee Rick Warren praktiese riglyne vir spesifieke veranderings wat gegrond is op Bybelse waarhede. En hy wys jou waar jy die krag kan vind om daardie veranderings te bewerkstellig.

    Namate jy die waarheid van God se Woord deur die krag van sy Gees begin toepas, sal jou lewe verander. Jy sal uit jou groef kom en bevry word om in ooreenstemming met God se wonderlike doel vir jou lewe te leef.

    Oor die Outeur

    Dr. Rick Warren is ʼn pastor, skrywer, teoloog en filantroop. Sy boek The Purpose Driven Life word deur Publishers Weekly as die suksesvolste verkoper van nie-fiksie in die geskiedenis van die uitgewersbedryf beskyf, en meer as 32 miljoen eksemplare is verkoop. In 1980 het Warren saam met sy vrou, Kay, die Saddleback Church gestig. Die kerk het ʼn kampus van 48 hektaar in Lake Forest, Kalifornië, tien satellietkampusse in Suid-Kalifornië en ook drie internasionale kampusse.