Karel Kabouter En Die Jagter/Karel Kabouter En Die Bullebak (CD)

    Karel Kabouter En Die Jagter/Karel Kabouter En Die Bullebak (CD)

    Loots F
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 3 weeks
    R79.95
    Dis reeds sedert die 70's wat RSG luisteraars kennis gemaak het met die fiktiewe karaktertjie Karel Kabouter en sy Olifant-maat Ollie. Menigte kinders, oud en jonk, was klokslag ingeskakel om te luister na die mannewales van Karel Kabouter en Ollie, uit die pen van Flip Loots. Die stories het die verbeelding van duisende kinders vasgegryp en word vandag nog op RSG uitgesaai, maar die slag voorgelees deur Phil Loots, Flip Loots se eie seun. Die stories leef voort en vul steeds die verbeelding van kinders in SA, ten spyte van die jong TV generasie.