Jy Is Spesiaal Vir Jesus (Sagteband)

    Jy Is Spesiaal Vir Jesus (Sagteband)

    Penny van den Berg
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R59.95

    Ontdek hoe spesiaal jy is en word deel van Jesus se familie.

     

    Kinders is baie belangrik vir Jesus – dit is duidelik wan­neer Hy vir sy dissipels sê: “Laat die kindertjies na My toe kom.”

    In Penny van den Berg se prettige Bybelstudie Jy is spesiaal vir Jesus ontdek kinders presies hoe spesiaal hulle vir Jesus is. In die 60 kort studies propvol opwin­dende ak­tiwiteite, insluitende inkleur­prente, vrae en re­levante teksverse leer kinders:

    -          wie Jesus is;

    -          wat Jesus vir hulle gedoen het;

    -          wat Jesus se karaktereienskappe is; en

    -          hoe hulle Jesus in hulle elkedagse lewe kan volg.

    Hierdie Bybelstudie sal 8- tot 12-jariges se selfbeeld help opbou deur hulle te laat besef presies hoe spesiaal hulle vir Jesus is en hoeveel Hy vir hulle omgee. Dit is die ideale wegspringplek vir ’n lewenslange wandel saam met Jesus.

    Hierdie Bybelstudie is voorheen uitgegee as die twee studies Jy is !WoW! en Jesus is !Wow!

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel You Are Special to Jesus

     

    Oor die outeur

     

    Penny van der Berg het waarlik ’n hart vir kinders en is deur die jare op een of ander manier betrokke by hul opvoeding. Haar begeerte is om kinders te lei om ’n persoonlike verhouding met God ons Vader te hê, asook om self deur Hom gebruik te word om uit te reik na ander. Sy het vyf jaar in Colombië deurgebring saam met Youth With A Mission se kinderbediening en was in hierdie tyd ma vir sewe kinders tussen die ouderdomme van agt tot twaalf. Penny woon nou in Middelburg, Mpumalanga, saam met haar man Conrad.