Jy Is Myne (Sponsgevulde Hardeband)

    Jy Is Myne (Sponsgevulde Hardeband)

    Nina Smit
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R199.94

    Ervaar God se liefde elke dag.

    Soos jy deur Nina Smit se dagboek Jy is Myne lees, sal jy voel hoe God jou daagliks omvou met Sy onbeskryflike groot liefde.

    Die 366 dagstukke sal jou op ’n reis neem waar jy kan juig oor genade, en bemoediging kan kry in swaarkrytye by die Een aan wie jy behoort.

    Die handige Skrifindeks sorg ook vir maklike naslaan.

    Jy sal elke dag God se koesterende liefde ervaar wanneer jy Jy is Myne deel van jou daaglikse stiltetye maak.

    Ook beskikbaar in Engels met die titel You Are Mine.

    Oor die skrywer

    Nina Smit is die gewilde skrywer van verskeie topverkopers. Sy en haar man, Johan, woon in Somerset-Wes. Hulle het drie kinders en is ook trotse grootouers.