Joyce Meyer Dagbeplanner 2020 A5 Met Ritssluiter (Luukse Leer)

    Joyce Meyer Dagbeplanner 2020 A5 Met Ritssluiter (Luukse Leer)

    Joyce Meyer
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R200.00

    Beplan jou dae en jou jaar, en word geïnspireer met die Joyce Meyer Dagbeplanner 2020.

    Die Joyce Meyer Dagbeplanner 2020 sal lesers bemoedig en inspireer met maandelikse artikels en daaglikse aanhalings uit Joyce se topverkoperboek Leef liefde. Hierdie dagbeplanner sal mense nie net help om hul lewe agtermekaar te kry nie, dit sal hulle ook inspireer tot ’n dieper verhouding met God.                                  

      Die inhoud bestaan uit:

    • Kalenders vir elke maand

    • ’n Bladsy per dag vir afsprake en notas

    • Openbare en skoolvakansiedae

    • Jaarbeplanners vir 2020 en 2021 plus ’n finansiële beplanner

    • Ekstra notabladsye agterin

    • Nuttige inligting soos omskakelingstabelle, huweliksherdenkingsgeskenke en meer

     

    Oor die Skrywer

    Joyce Meyer is ’n New York Times-topverkoperskrywer en een van die wêreld se voorste praktiese Bybelonderwysers met haar TV- en radioprogram Enjoying Everyday Life wat op meer as 450 televisienetwerke en 400 radiostasies wêreldwyd uitgesaai word. Sy het al meer ’n honderd boeke geskryf wat in meer as ’n honderd tale vertaal is. Haar topverkopers sluit in Waag dit al is jy bang, Wen die stryd in jou gedagtes en Herbedraad jou denke.