Jou Voetpad Na Vrede (Sponsgevulde Hardeband)

    Jou Voetpad Na Vrede (Sponsgevulde Hardeband)

    Milanie Vosloo
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R249.95

    R199.96

    366 koester-oordenkings op jou reis saam met die God van vreugde.

    God wil hê dat jy deur Hom ‘n gelukkige en vervulde mens sal wees. Stap die pad na vrede saam met Milanie Vosloo en die God van vreugde.

    Jou voetpad na vrede se 366 dagstukke bespreek temas soos hoop, eerlikheid, nuut glo, gee en ontvang, geluk en dat jy maar net jý kan wees. Hierdeur sal jy die versekering ontvang dat jy weer kan probeer omdat jy onder God se vergifnismantel leef, dat daar altyd hoop is ten spyte van donker oomblikke en dat jy rustig kan wees omdat God jou lei.

    Milanie se gebed vir jou is dat Jou voetpad na vrede jou sal oortuig dat God jou nooit uit Sy hand sal laat val nie en dat jy opnuut bewus sal word van Sy liefde en genade-arm om jou.

    Oor die skrywer

    Milanie Vosloo verstaan die hart, siel en lewens-dilemmas van vandag se vrou. Vandaar haar gewildheid as skrywer en openbare spreker. Afgesien van ’n vrou vir haar man, Johan, en ma vir haar kinders, Marizelle en Johan, is sy ook die Besturende Direkteur van haar eie reklame-agentskap, Uppe Marketing. Hierdie topverkopende outeur hanteer ook die rubriek "Siel van 'n vrou" in die tydskrif Lééf.