Jou Geestelike Nalatenskap (Sagteband)

    Jou Geestelike Nalatenskap (Sagteband)

    James C Dobson
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R54.95

    Leer hoe jy die geveg vir die harte, gedagtes en siele van jou kosbare kinders kan oorwin.

    Ons lewe in ’n wêreld wat daarop uit is om ons kinders se kinderlike geloof te vernietig en hulle by polities-korrekte ideologieë, godlose geloofstelsels en blatante onsedelikheid te betrek wat vorige generasies sou geskok het. Dit is wat vandag se Christen-ouers in die gesig staar en baie van hulle vrees dit. Ons lewe waarlik in ’n gevaarlike wêreld.
    Maar die goeie nuus is dat daar ’n manier is hoe jy hierdie geveg vir die harte, gedagtes en siele van ons kosbare kinders kan oorwin. Dit maak nie saak in watter stadium jy is as ’n ouer of grootouer nie, jy kan ’n geestelike nalatenskap nalaat wat jou kinders en kleinkinders met ’n rotsvaste nalatenskap van geloof sal toerus. Jou geestelike nalatenskap vertel jou hoe om dit te doen deur:

    • Dr. Dobson se persoonlike storie van sy eie geestelike nalatenskap
    • Strategieë vir die geestelike opleiding van jou kinders
    • Hulp vir ouers van wegloopkinders
    • Hoop om ongeredde ouers te bereik
    • Beginsels vir die bou van ’n liefdevolle verhouding met jou kinders
    • Getuienisse van ouers wat dit reggekry het
    • Stories wat jy aan jou kinders kan voorlees oor jou geestelike nalatenskap
    • Stappe wat jy kan neem om jou kind na Christus toe te lei

    Oor die skrywer

    Dr. James Dobson is die stigter en president van Family Talk, 'n nie-winsgewende organisasie wat sy radioprogram, Family Talk with Dr. James Dobson, vervaardig. Hy is die skrywer van meer as 30 boeke wat gefokus word op die behoud van die gesin. Hy is aktief betrokke by regeringsake en het reeds drie Amerikaanse presidente raad gegee oor gesinsake. Dr. Dobson is getroud met Shirley en het twee volwasse kinders, Danae en Ryan, asook twee kleinkinders. Die Dobsons woon in Colorado Springs, Colorado, VSA.