John C Maxwell Dagbeplanner 2020 Met Ritssluiter Stone (Luukse Leer)

    John C Maxwell Dagbeplanner 2020 Met Ritssluiter Stone (Luukse Leer)

    John C Maxwell
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R250.00

    Die beste dagbeplanner vir alle besigheidsbestuurders.

    Die John C. Maxwell Dagbeplanner is Suid-Afrika se gewildste sakedagboek. Die 2020-reeks spog weer eens met die gewilde ritssluiter-uitgawe in luukse leer. Dit kombineer stylvolle dog funksionele uitleg en elegante ontwerp met inspirerende inhoud uit Maxwell se topverkoperboek Beproefde beginsels vir leiers.

       Kenmerke sluit in:

    • Inspirerende aanhalings vir elke dag

    • Motiverende maandelikse oordenkings

    • Openbare vakansiedae, skoolkwartale en kontakbesonderhede vir universiteite

    • ’n Bladsy per dag (07:00 tot 19:00 en plek vir ná werktyd)

    • ’n Jaarbeplanner, elke maand en week in oënskou en kalenders

    • Plek vir finansiële aanwysers

    • Logboek om brandstof en afstand op te teken

    • Ritssluiter.

     

    Oor die Skrywer

    John C. Maxwell, die nommer-een New York Times-topverkoperskrywer, mentor, raadgewer, leierskapkenner en spreker, het al meer as 25 miljoen boeke wêreldwyd verkoop. Hy is onlangs deur die American Management Association as die topleier in die sakewêreld aangewys, terwyl Business Insider en Inc.-tydskrif hom in 2014 as die wêreld se invloedrykste leierskapskenner aangewys het.