Jesus Se Woorde Vir Vroue Met Flappe (Sagteband Met Flappe)

    Jesus Se Woorde Vir Vroue Met Flappe (Sagteband Met Flappe)

    Carolyn Larsen
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R179.95

    Available Formats

    ’n Sakpas-dagboek met 366 oordenkings oor Jesus se boodskap spesiaal vir vroue.

     

    Jesus se woorde staan vir altyd vas – van die dag toe Hy dit gesê het en dit in die Evangelies opgeneem is, tot vandag toe. En dit is hierdie rotsvaste vertroosting, raad en aanmoediging wat Carolyn Larsen vir vandag se vrou verwoord in Jesus se woorde vir vroue.

    Carolyn Larsen wys in Jesus se woorde vir vroue se 366 dag­stukke hoe Jesus se woorde op elke aspek van ’n vrou se lewe van toepas­sing is, onder andere: ver­hou­dings met ander, vergif­nis, bepaling van prioriteite, hantering van kritiek, en finan­sies. Elke dagstuk het ’n teks­vers uit die Nuwe Lewende Vertaling en ’n kort oor­den­king, asook ’n “Leef dit”-afsluiting in die vorm van ’n gebed of inspireren­de aanhaling.

    Jesus se woorde vir vroue, in pers teks, sal elke vrou krag laat put uit Jesus se woorde vir elke dag.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Words of Jesus for Women

     

    Oor die outeur

    Carolyn Larsen is ’n skrywer, aktrise en ervare spreker met ’n Godgegewe passie om met vroue en kinders te werk. Sy het al by talle konferensies in Amerika, Kanada en Indië opgetree. Carolyn het al meer as 40 boeke vir kinders en volwassenes geskryf. Sy het al verskeie pryse daarvoor ontvang. Carolyn en haar man, Eric, woon in Glen Ellyn, Illinois. Hulle het drie volwas­se kinders.