Jesus Se Woorde Vir Mans (Sagteband met flappe)

    Jesus Se Woorde Vir Mans (Sagteband met flappe)

    Riekert Botha
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R199.94

    Available Formats

    Net daardie ekstra bemoediging wat jy nodig het vir elke dag.

    In die vier Evangelies lê ’n skatkis van wyshede wat Jesus self met mense gedeel het. Met Jesus se woorde vir mans daag Riekert Botha mans uit om werklik te luister na wat Jesus gesê het.

    Jesus se woorde vir mans se 366 kort en kragtige boodskappe deur dié bekende radiopersoonlikheid en skrywer is die ideale dagboek vir mans. Elke dagstuk begin met ’n teksvers wat Jesus se woorde bevat, waarna mans Jesus se woorde vanuit ’n nuwe perspektief kan beskou deur dit saam met Riekert te bestudeer. Temas soos reg en verkeerd, Jesus se gesindheid en vertroosting word bespreek.

    Elke dagstuk in Jesus se woorde vir mans is in bruin gedruk en word afgerond met ’n gebed vir die dag óf praktiese toepassing om Jesus se woorde te gaan lééf!

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Words of Jesus for Men.

    Oor die Outeur

    Riekert Botha is ’n tentmakerleraar en was voorheen leraar van die Baptiste-gemeente op Vredendal in die Wes-Kaap. Riekert beskik oor die grade BTh (honneurs) van die Global University en ’n MTh van die Northwestern Theological Seminary, waar hy ook sy PhD in berading ontvang het. Riekert is die skrywer van die bekende Pleisters vir die siel-reeks wat hulle oorsprong in RSG-uitsendings gehad het. Hy is getroud met Pippa en hulle het drie kinders.