Jesus Is Groot (Met CD)(Hardeband)

    Jesus Is Groot (Met CD)(Hardeband)

    Clarice Pieterse & Arnold de Wet
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R149.94

    Ure se luister- en leesgenot vir klein hartjies wat wil leer hoe groot Jesus regtig is.

     

    Jesus is baie lief vir sy kinders en het ’n wonderlike plan vir elkeen van hulle. Kinders sal in Jesus is groot leer hoe spesiaal hulle vir Jesus is.

    In Jesus is groot sal die kleinspan:

    ·         Buiteblaaie binnekort beskikbaar meer leer oor God en oor hoe Hy wil hê sy kin­ders moet leef;

    ·         speel-speel leer deur die opvoedkundige, ouderdom-gepaste aktiwiteite wat saam met elke storie gaan;

    ·         pret hê terwyl hulle saam met die CD se lekker liedjies sing.

    Die 24 prettige stories is geskryf deur Clarice Pieterse, Suid-Afrikaanse sangeres en aktrise, en pastoor Arnold de Wet. Dit is ideaal vir kinders tussen 3 en 6 jaar. Die temas wat in die stories aangeraak word, sluit in: Jesus is lief vir jou, God het jou spesiaal gemaak, laat jou liggie skyn, vertel vir ander van Jesus en God hoor jou gebede.

    Elke storie word lewendig met kleurvolle illustrasies en het ’n Bybelvers, gebedjie en prettige aktiwiteit. Die aktiwiteite sluit soek-die-verskille, woordspeletjies en vele meer in.

    Geniet ure saam met jou kinders terwyl julle God se Woord lees en leer oor sy groot liefde vir sy klein mensies.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Jesus Is Great

     

    Oor die outeurs

    Clarice Pieterse is ’n Afrikaanse sangeres en aktrise. Haar droom is om kinders meer van God te leer op ’n opvoedkundige manier en veral deur musiek. Om hierdie droom te bereik, het Clarice begin skryf aan kinder­liedjies en met Arnold de Wet saamgewerk aan die CD Clarice en die ReënboogKidz.

     

    Arnold de Wet is mede-skrywer en -vervaar­diger van Clarice en die ReënboogKidz CD en DVD. Hy is ’n pastoor en seun van die beken­de gospel-sanger Jan de Wet.