Jesus In My Lewe (Sagteband)

    Jesus In My Lewe (Sagteband)

    Johan Smith & Helena Smith
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R139.95

    Help jou kind besef hoe belangrik dit is om Jesus as fondament in sy/haar lewe te hê sodat hy/sy die regte besluite kan neem.

    Jesus in my lewe bevat 101 lekker-lees oor­denkings vir laer­skolers. Dié dagstukke kyk na te­mas soos hoe God oor jou voel, dat die kruis vir jóú was, beloftes uit die Woord, verhoudings en gee ook antwoorde op vrae wat ander vir hulle kan vra oor Christenskap, soos: “Waarom vier ons Paasfees?”

    Naas die gebed aan die einde van elke stukkie, sluit elke dagstuk ook af met ’n praktiese uitdaging. Dit wissel van iets om oor te dink, vrae om te be­antwoord met plek om te skryf en selfs iets wat die kind moet gaan doen.

    Hierdie 101 dae saam met Jesus sal vir kinders van onskatbare waarde wees terwyl hulle leer dat Jesus altyd by hulle is.

    Oor die skrywers

    Johan Smith is al meer as 20 jaar betrokke by jeugbediening. Hy is tans leier van die gemeente fokus by die Moreletapark-gemeente in Pretoria. Johan het al verskeie boeke die lig laat sien.  Sy vrou, Helena, is 'n laerskoolonderwyser en het vir vier jaar voltyds vir die VCSV gewerk in laerskool-bediening. Johan en Helena is albei opgeleide kinderevangeliste en het al 'n paar boeke saam geskryf.