In Ritme Met God (Sagteband)

    In Ritme Met God (Sagteband)

    Heinz Winckler
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R149.96

    Wat maak jou wie jy werklik is? So baie jong mans soek vandag hul identiteit in die wêreld. Maar die wêreld ver­ander elke dag – God is die enigste stand­vastige baken.

     

    Heinz Winckler glo jou identiteit in Jesus staan uit as een van die belangrikste aspekte van jou le­we. As jy weet wie jy in Hom is, kan jy jou roeping vind en uitleef, en deel word van ’n generasie wat God se koninkryk uitbou.


    In ritme met God begin met ’n soeke na wie ons drie-enige God is, en daarna kyk Heinz na wie Jesus en Paulus gesê het jy is. Daaruit vloei die soeke na elke mens se roeping binne die konink­ryk voort.


    In ritme met God is Heinz se persoonlike getuie­nis van hoe God hom gelei het tot waar hy vandag is. Hy wil ander inspireer en aanmoedig om hul soeke na God ook hul eerste prioriteit te maak. Die boek word afgerond met twee liedjies, spesiaal geskryf vir die vrystelling van hierdie boek.



    Dans Met My - Heinz Winckler



    Ek Is U Seun - Heinz Winckler