In Die Voetspore Van Jesus (Sagteband)

    In Die Voetspore Van Jesus (Sagteband)

    Piet Meiring
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R139.95

    Stories van Jesus se dissipels – van die Bybel tot die 21ste eeu.

    “Gaan vertel die wêreld van My.” Dit was Jesus se opdrag aan gewone mense. Ménse soos Petrus wat sy Here verloën het en die ongelowige Tomas wat nie wou glo dat Jesus opgestaan het nie.

    Piet Meiring se In die voetspore van Jesus bied jou ’n blik op die mense agter die name waarvan jy in die Evangelies lees, soos:

                        Die dissipel Matteus, wat die oud-tollenaar Levi was, wat een van die Evangelies geskryf het.

                        Jakobus en Johannes (die seuns van die donder) wat waarskynlik Jesus se neefs was.

    In die voetspore van Jesus vertel ook van hedendaagse dissipels wat kragtig van Jesus getuig. Mense soos moeder Teresa en Henri Nouwen, maar ook mense soos die 30 meisies van Kampala en rolspelers in Suid-Afrika wat steeds Jesus se liefde uitleef. Daar is ook foto’s van die mense wie se verhale vertel word en elke hoofstuk sluit af met besprekingsvrae.

    Dié boek wys jou hoe belangrik die opdrag is wat Jesus vir Sy dissipels én jou gegee het, en hoe Hy énigiemand kragtig kan gebruik om Sy boodskap uit te dra.

    Oor die Outeur

    Piet Meiring was leraar in ’n paar NG Gemeentes voordat hy as professor in teologie aan die Universiteit van Pretoria benoem is. Hy is die skrywer van boeke oor verskillende onderwerpe: Bybelverklaring, sending, die kerk en ander godsdienste in ons land en – as gevolg van sy ervaring as lid van die Waarheids-en-Versoeningskommissie – oor versoening en vergifnis. Hy was die afgelope jare, ook ná sy aftrede, by versoeningsprojekte in Suid-Afrika sowel as in die buiteland betrokke.