In Die Voetspore Van Jesus/Die Dag Toe Jesus Ja Gese Het (Combo)

    In Die Voetspore Van Jesus/Die Dag Toe Jesus Ja Gese Het (Combo)

    Piet Meiring & Stephan Joubert
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R289.90

    R159.95

    “Gaan vertel die wêreld van My.” Dit was Jesus se opdrag aan gewone mense. Ménse soos Petrus wat sy Here verloën het en die ongelowige Tomas. Piet Meiring se In die voetspore van Jesus bied vir jou ’n blik op die mense agter die name waarvan ons in die Evangelies lees. Saam met die vertellings en foto’s van he­dendaagse gelowiges, soos moeder Teresa en Henri Nouwen asook ander gewone gelowiges, sal jy sien dat God werklik énigiemand kragtig kan gebruik. Elke hoofstuk sluit ook af met be­sprekings­vrae.

    In Getsemane het Jesus JA gesê vir ’n pad van lyding wat aan die kruis geëindig het. Hy het dit nie blindelings gedoen nie – Hy het geweet waarvoor Hy Hom inlaat. In Die dag toe Jesus JA gesê het stel Stephan Joubert Markus as jou toergids voor om meer te vertel oor die gebeure rondom die kruisiging. Jy sal nader aan Jesus voel wanneer jy die las van die kruis op jou eie skouers begin voel. Jesus het waarlik JA gesê – vir jou – en vandag is jou beurt om vir Hom JA te sê.