In Die Skadu Van Die Allerhoogste (Sponsgevulde Hardeband)

    In Die Skadu Van Die Allerhoogste (Sponsgevulde Hardeband)

    Johan Smit
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Release November 2017
    R249.95

    366 oordenkings vir geloof wat vir ewig sal staan.

     

    Johan Smit het vir jare diep spore in duisende gelowiges se harte getrap met dagboeke wat spreek van insig, geloof, deursettingsvermoë en ’n liefde vir die Vader.

    Nou is 366 oordenkings deur dié geliefde outeur saamgevat in ’n spesiale herdenkingsbundel, In die skadu van die Allerhoogste. Die dagboek neem jou op ’n geloofsreis deur onderwerpe soos om God te ken, die drie-enige God, sleutelwoorde van geloof, Psalms, Blydskap en liefde wat geen grense ken nie.

    Hierdie keur van Johan se werk is geneem uit van sy topverkoperdagboeke, insluitend Wees stil en weet... en By waters van rus en sal ’n waardevolle toevoeging tot enige boekrak wees.

     

    Oor die outeur

    Johan Smit (1943-2016) het meer as 100 boeke oor ’n verskeidenheid on­der­werpe gepubliseer. Hy was predi­kant in die NG Kerk-gemeentes Wyn­berg, Bell­ville-Oos en Helderberg. Johan was ook vir baie jare ’n ak­tiewe medewerker by die Kerkbode en Lig.