Humor In Die Huwelik (Sagteband)

    Humor In Die Huwelik (Sagteband)

    Mark Gungor
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R189.95

    R151.96

    Bemeester die vaardighede om deur humor die geheime tot die lewe, liefde en die huwelik te ontsluit.

     

    Humor in die huwelik is gebaseer op Mark Gungor se sukses met tienduisende paartjies wat hom die krediet gee dat hy hulle huwelike verryk en selfs gered het.

    Buiteblad binnekort beskikbaar Deur sy unieke vermenging van humor en kenmerkende eerlikheid help hy paartjies om oor die weg te kom en pret te hê. Mark ondersoek ’n verskeidenheid onderwerpe soos die mite van ’n “sielsgenoot”, die verskil tussen hoe mans en vroue dink, die teenstrydige vlakke van libido en die nood­saaklikheid om te vergewe. Hy bewys die sleutel tot huwe­liksgeluk is nie romanse of voorbeskikking nie – dit is werk en vaardigheid.

    Paartjies moet hard werk om hulle verhouding in stand te hou en hulle moet die vaardighede besit om dit te doen. Hoe langer huweliksmaats wag om hierdie vaardig­hede aan te leer, hoe groter is die kans dat hulle gaan opgee. Humor in die huwelik maak dit maklik vir paartjies om vandag nog hulle verhouding na ’n hoër vlak van intimiteit te neem.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Laugh Your Way to a Better Marriage

     

    Oor die outeur

    Mark Gungor is ’n leraar, motivering­spreker, outeur en musikant. Met 30 jaar se ondervinding om oor die hele wêreld te praat, is Mark se nuutste strewe om jong paartjies te help om ’n suksesvolle huwelik te ontsluit. In sy seminare leer Mark die beginsels van die huwelik op ’n manier wat paartjies bemagtig sonder om “prekerig” te wees. Hy is gebore is New York, maar bly nou in Stevens Point, Wisconsin, waar hy die hoof- uitvoerende beampte is van Laugh Your Way America en ’n leraar by ’n plaaslike kerk. Mark en sy vrou, Debbie, is al vir 42 jaar getroud en het 2 kinders en 6 kleinkinders.