Hosea (Sagteband)

    Hosea (Sagteband)

    Johan Smit
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R99.96

    16 studies oor God se ewige liefde, sy oordeel en onverdiende vergifnis.

     

    Daar lê ’n rykdom insigte opgesluit in die Ou-Testamen­tiese boek Hosea, wat soveel meer inhou as die profeet se huwelik met die ontroue Gomer. Dit vertel ook van God se ewige liefde, sy oordeel en onverdiende vergifnis.

    In die Bybelstudie Hosea ondersoek Johan Smit nie net die hoof­temas van Hosea nie, maar kyk ook in goed nage­vorsde detail na die profeet Hosea, en gee verrassende insigte oor sy persoonlike lewe, die his­toriese konteks van die Israeliete en hulle leef­wêreld, God se bood­skap wat Hosea aan die af­vallige Israe­liete moes bring, en hoe daardie boodskap ons vandag raak.

    Deur middel van 16 studies en die volledige Bybel­teks van die Ou-Testamentiese boek Hosea, kry die Bybel­boek nuwe betekenis vir die moderne leser.

     

    Oor die outeur

     

    Johan Smit het al meer as 100 boeke oor ’n verskeidenheid onderwerpe gepubliseer. Hy was predi­kant in die NG Kerk-gemeentes Wynberg, Bellville-Oos en Helderberg. Johan was ook vir baie jare ’n aktiewe medewerker by die Kerkbode en Lig. Hy is getroud met Nina en hulle woon in Somerset-Wes.