Hoor God Droom Woordeboek (Sagteband)

    Hoor God Droom Woordeboek (Sagteband)

    Martin Van Der Merwe
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R200.00

    A

    AALWYNE

    Intimiteit:- Kan verwys na intimiteit met God en dat jy ʼn soet geur [parfuum] tot God is (Ps 45:8).

    Huweliksbed:- Verwys na die huweliksbed wat simboliseer dat Christus ʼn intieme verhouding met Sy bruid soek [die kerk] (Spr 7:17, Hoog 4:14, 16).

    Vergaderplek:- Die plek waar jy met God ontmoet (Eks 33:7, 9, 11, Joh 19:39).

    Omring:- Om omring te voel (Num 2:1-6).

    Geheime sonde:- Dit kan verwys na ʼn tent [plek] van seksuele perversie (Spr 7:17, 2 Sam 16:22) of wys dat die persoon geheime sonde in sy lewe het.