Hoop Wat Kaalvoet Loop (Sagteband)

    Hoop Wat Kaalvoet Loop (Sagteband)

    Milanie Vosloo
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R179.95

    Kom tuis by God – skop uit jou skoene en deel jou menswees met Hom.

    Soms druk die lewe ... soos ’n paar ongemaklike skoe­ne aan die einde van ’n lang dag. Dis dán wanneer jy kan tuiskom by God; wanneer jy jou hart se skoene kan uitskop en jou gestroopte menswees met Hom kan deel. En dis in daardie veilige ruimte by Hom waar jy sal ervaar hoe Hy die donker in jou verdryf en aan jou nuwe hoop gee.

    Hoop wat kaalvoet loop se 101 dagstukkies het ’n pragtige uitleg en is propvol hoop en inspirasie. Milanie Vosloo wys jou hoe jy – ten spyte van baie dinge – kan bly dans oor die lewe en bly hoop. Hoe jy – ondanks alles – kan blý vertrou omdat jy ’n Vader het wat jou stewig vashou. Wat jou met arms vol genade­seën wil toevou.

    Die oordenkings in hierdie dagboek is geneem uit Milanie se topverkoper-boeke Sielskos vir die vrou wat lééf! en Laat Sy liefde jou lei. Die dagboek word ook afgerond met teksverse vir spesifieke behoeftes en plek vir notas agterin.

    Oor die outeur

    Milanie Vosloo is ’n topverkoper-outeur wat deur haar boeke al duisende vroue se lewens verander het. Met haar eerlike manier kry sy dit reg om die hart en siel van haar lesers te raak ... hulle te inspireer en aan hulle hoop te bring. Jy sal vind dat Milanie se woorde jou hart raak omdat sy met opregtheid en wysheid haar lewensondervinding as suksesvolle sakevrou, skrywer, ma en vriendin met jou deel.