Hoop Wat Alles Oorwin (Sagteband)

    Hoop Wat Alles Oorwin (Sagteband)

    Annieria McFarlane
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R139.94

    15 Bybelkarakters wys jou hoe om hoop te skep as die lewe se swaarkry jou onderkry.

     

    Jy verloor jou werk. Jou kind maak droog. Jou drome vir ’n gelukkige huwelik lê aan skerwe ... Teleurstelling en rampe is deel van die lewe. Maar daar is altyd hoop, verseker ervare skrywer Anniéria McFarlane jou.

    In Hoop wat alles oorwin vat Anniéria hande met 15 Bybelkarakters, soos Job, Josef en Rut, om te sien hoe hulle swaarkry hanteer en daardeur gegroei het, maar belangriker: Anniéria wys jou in 33 kort, insiggewende hoofstukke hoe jy ook moed kan skep in donker situasies en God se lig van hoop kan ervaar.

     

    Oor die outeur

    Anniéria McFarlane woon in die Strand, waar sy veral betrokke is by haar gemeente se Getuienisaksie. Sy wil graag deur haar skryfwerk nuwe hoop gee aan mense wat moeg en moedeloos is, en mense aanmoedig om hulleself nooit as slagoffers te sien nie, maar eerder as oorwinnende krygers in die weermag van die Koning.