Homoseksualiteit En Die Bybel (Sagteband)

    Homoseksualiteit En Die Bybel (Sagteband)

    Jan Du Rand & Marius Nel
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R179.95

    ’n Bybelse gids tot die verstaan van homoseksualiteit.

    Wat sê die Bybel régtig oor selfdegeslagverhou­dings? Is die Bybel verkeerd vertaal of verstaan ons nou skielik verkeerd? En hoe gemaak met homoseksuele persone in die kerk?

    Homoseksualiteit en die Bybel is gebore uit die na­vorsing deur twee behoudende Bybelwetenskapli­kes wat vra wat die Bybel oor selfdegeslagverhou­dings en -in­timiteit sê.

    Proff Jan du Rand en Marius Nel neem die leser op ’n reis deur die Ou en Nuwe Testament, en selfs in die breër gemeenskap waarbinne Israel en die eerste kerk geleef het, om te probeer verstaan wat die Bybel oor selfdegeslagverhou­dings leer. Hulle ondersoek hoekom ons na die Bybel moet luister en ook hoe die heersende den­ke die verstaan van die Bybel beïnvloed.

    Homoseksua­liteit en die Bybel is ’n eerlike en op­regte soeke na Bybelse antwoorde en sal lesers opnuut bewus maak van God se liefde en genade.

    Oor die outeurs

    Jan du Rand is nasionaal en internasionaal bekend as ’n Nuwe-Testamentiese vakspesialis op die gebied van die Johannese geskrifte en Bybelse eskatologie. Hy het al talle boeke en artikels gepubliseer, en ook verskeie toekennings ont­vang, onder andere die Andrew Murray-prys, die Pieter van Drimmelen-medalje vir teologie en die Eeufees­medalje van die Universiteit van die Vrystaat. Hy is buitengewone professor in Nuwe Testament aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, en professor-emeritus in Nuwe Testament aan die Universiteit van Johannes­burg en lewer wêreldwyd referate. Jan en sy vrou, Anneli, is geseën met drie dogters, asook klein­kinders.

    Marius Nel is bestuurder van TabernaDei-Akademie, ’n oopleersentrum van Noordwes-Universiteit in Polo­kwane, waar hy ook een van die pastore van die AGS-gemeente is. Hy het onlangs sy vierde doktorsgraad in Nederland verwerf, hierdie keer in Nuwe Testament. Hy is getroud met Mariet en hulle het drie kinders.