Hoe Weet Ek God Bestaan Regtig (Hardeband)

    Hoe Weet Ek God Bestaan Regtig (Hardeband)

    Nancy Taylor & Phil Ryken
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R179.95

    R153.00

    60 vrae oor God wat ’n dieper verstaan sal bring van wie God is en hoe ons in ’n verhouding met Hom staan.

     

    Die belangrikste vrae wat ons kan vra, handel oor God en ons verhouding met Hom. Die antwoorde op hierdie vrae help ons om die rede vir ons bestaan te verstaan.

    Hoe weet ek God bestaan regtig? is spesifiek vir mense wat nog nie lank gelowiges is nie, maar dit kan ook geweldig baie beteken vir enigiemand wat God beter wil leer ken.

    Die 60 vrae word in 4 afdelings bespreek:

    ·         Vrae oor die algemene eienskappe van God, soos Weet God wat alles in die toekoms gaan gebeur?, Word God kwaad?

    ·         Vrae oor wat God doen, soos Verander God ooit van plan?, Hoekom laat God goeie dinge met slegte mense gebeur?

    ·         Vrae oor wat God vir my beteken, soos Hoe kan ek God waarlik leer ken?, Hoe kan ek weet wat God se wil vir my lewe is?

    Vrae oor die Name van God wat ek kan gebruik wanneer ek bid, soos Wat beteken dit dat God JHWH is?

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Is God Real?

     

    Oor die outeurs

    Nancy Taylor is ʼn vryskut-skrywer en redakteur wat al aan honderde boeke vir verskeie uitgewers gewerk het. Sy het aan Wheaton College gegradueer met ’n graad in Engels en Christelike onderwys.

     

    Philip Ryken is tans die president van Wheaton College. Hy was tot 2010 seniorleraar van Philadelphia se Tenth Presbyterian Church. Dr. Ryken het aan Wheaton College, Westminster Theological Seminary en Oxford University gegradueer. Hy het al meer as 40 Bybelkommentare en ander Christelike boeke gepubliseer. Hy dien ook op die raad van die Lausanne Movement en die National Association of Evangelicals.