Hoe Om Jou Lewe Te Verwoes Voor Jy 16 Is (Sagteband)

    Hoe Om Jou Lewe Te Verwoes Voor Jy 16 Is (Sagteband)

    Johan Smith
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R149.96

    Ontdek die 15 dinge wat jou lewe kan verwoes voor jy 16 is.

    As jy as volwassene soms sukkel om kop te hou, wat van ons jongmense? Hulle word uit alle oorde gebombardeer met superryk, superbekende en supersexy plastiekbeelde. Maar hulle besef nie altyd hoe vals hierdie beelde is nie, en streef dan – dikwels op vernietigende wyse – daarna om soos minder as 2% van die wêreldbevolking te lyk en op te tree.

    Hoe om jou lewe te verwoes voor jy 16 is is daarom ’n móét vir elke jongmens, ouer, onderwyser en jeugwerker. Johan Smith bespreek onder andere selfdood, die misbruik van tegnologie, drank, dwelms, eetversteurings, okkultisme en pornografie – net ’n paar van die 15 dinge wat régtig jou lewe kan verwoes.

    Dié hersiene uitgawe van Hoe om jou lewe te verwoes voor jy 16 is bevat nuwe statistiek en ook besprekingsvrae wat tieners self kan deurwerk en wat van onskatbare waarde vir jeugleiers sal wees.

    Oor die Outeur

    Johan Smith bedien ’n wye spektrum mense, wat insluit jeug, ouers, mans en vroue. Hy is ’n skrywer van jeugboeke asook boeke vir die gesin. Hy is op ’n weeklikse basis betrokke by die bediening van vroue in Pretoria en tree ook as spreker op tydens jeugweke, jeugsaamtrekke, ouerskapseminare en Daniël-mannekonferensies landswyd. Johan is tans Leier: Gemeentefokus by die Moreletapark-gemeente in Pretoria. Hy is getroud met Helena en hulle het drie kinders, Louise, Dirk en Marli.