Hoe Om God Se Stem Te Hoor (Sagteband)

    Hoe Om God Se Stem Te Hoor (Sagteband)

    Samestelling
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R99.96

    INLEIDING

     Wat is my doel? Het God regtig ’n plan vir my lewe? Ons het almal al hierdie vrae gevra en ongelukkig strompel baie mense maar net voort en vind toevallig die antwoorde. Die Christelike leefwyse hoef egter nie soos ’n wandeling in die donkerte te wees nie. Ons kan weet ons is binne God se wil vir ons lewens. Ons kan weet ons leef volgens ons doel.

    Hierdie boek sal jou nie leer hoe om jou drome te verwesenlik of ’n uitblinker te wees nie omdat al daardie dinge uiteindelik glad nie belangrik is nie. Hierdie boek sal jou help om uit te vind wat die doel van jou bestaan is. Die stappe wat in hierdie bladsye uiteengesit word sal jou leer hoe om God se stem te herken wanneer Hy met jou praat oor jou doel, maak nie saak in watter lewenstadium of loopbaan jy jou be­vind nie.

    As jy luister na die gerusstellende wyshede wat in hierdie tyd deur televisie, musiek, tydskrifte en boeke oor selfverbetering verkondig word, kan jy dalk begin glo dat die vernaamste doel van jou bestaan is om in