Hoe Lyk Die Hemel? (Sagteband)

    Hoe Lyk Die Hemel? (Sagteband)

    Stephen Elkins
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R99.96

    R79.97

    • Hoe is die hemel?
    • Hoe kom ons in die hemel?
    • Hoe lewe ons soos Jesus totdat ons hemel toe gaan?

    Dít is die drie tematiese vrae wat Stephen Elkins gebruik om vir kinders van die hemel te vertel in Hoe lyk die hemel?

    In 60 kort stellings verduidelik Hoe lyk die hemel? waaroor die hemel gaan. Die kleurvolle illustrasies en gepaste Bybelverse sal kinders vertel van die hoop en beloftes van die hemel en hulle hemelse Vader. Agter in die boekie is ook ’n woordelys waarin kernwoorde verduidelik word.

    Hoe lyk die hemel? leer kinders van die hemel, maar ook hoe om hulle aardse lewe te leef op ’n manier wat God sal eer.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Heaven: What’s it like? How do we get there?

    Oor die Outeur

    Stephen Elkins, president van Wonder Workshop, is ’n musiekvervaardiger wat al vir die gesogte Grammy-toekenning genomineer is. Sy werk het ook al 100 agtereenvolgende weke gesorg vir sy naam op die Billboard Magazine se Top Kid Audio Charts. Hy is ook ’n gewilde kinderboekskrywer en liedjieskrywer waarvan meer as 20 miljoen boeke, CD’s en DVD’s verkoop is, waaronder 100 Bible Stories. Hy bly in Nashville, Tennessee, saam met sy vrou en gesin.