Hoe Het Die Bybel Ontstaan (Sagteband)

    Hoe Het Die Bybel Ontstaan (Sagteband)

    Timothy Paul Jones
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R199.94

    Maklik verstaanbare antwoorde op gewilde vrae oor die Bybel se betroubaarheid en akkuraatheid.

     

    Het jy al ooit gewonder wie die boeke in die Bybel geskryf het en hoe hulle saamgestel is? Het iemand al ooit vir jou gesê dat sommige boeke uit die Bybel gelaat is of dat jy nie die stories van Jesus in die Evangelies kan vertrou nie? Hoe het die Bybel ontstaan? vertel op fassinerende wyse meer van die bes bewaarde Boek wat die wêreld nog ooit gesien het. Dr. Timothy Paul Jones gee maklik verstaanbare antwoorde op gewilde vrae oor die Bybel se betroubaarheid en akkuraatheid.

    Hoe het die Bybel ontstaan? bevat die volgende:

    ·         Hoe die Ou Testament en Nuwe Testament ontstaan het.

    ·         Definisies oor populêre terme soos “geïnspireer” en “onfeilbaar”.

    ·         Redes hoekom die Nuwe Testamentiese-boeke gekies is.

    ·         Boeiende verhale oor Polycarpus, Serapion, John Wycliffe, William Tyndale, die King James-weergawe van die Bybel en vele meer!

    ·         Fassinerende feite oor die Bybel, soos dat daar meer as 5 700 manuskripte oorleef het van die Nuwe Testament teenoor die 210 eksemplare van Plato.

     

    Oor die outeur

    Timothy Paul Jones dien as die C. Edwin Gheens-professor van Christelike bediening en as visepresident by die Southern Baptist Theological Seminary waar hy kursusse in toegepaste apologetiek en familiebediening aanbied. Voor hy na die suide van Amerika toe getrek het, het hy kerke in Missouri en Oklahoma gelei as leraar en mede-leraar. Dr. Jones is die outeur of mede-outeur van meer as ’n dosyn boeke, waaronder PROOF, Conspiracies and the Cross en Christian History Made Easy. In 2010 het Christian Retailing Magazine Christian History Made Easy as die boek van die jaar in die kategorie Christelike opvoeding gekies. Hy is getroud met Rayann en hulle het drie dogters. Die Jones-gesin werk in SojournKids en die gemeenskapsbedieningsgroep by Sojourn Community Church.