Here, Ek Weet U Luister (Sagteband)

    Here, Ek Weet U Luister (Sagteband)

    Johan Smit
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R179.95

    65 gebede en oordenkings vir stilword-oomblikke saam met God.

    In jou diepste stilword-oomblikke praat jy met God oor alles, oor enigiets. Johan Smit bied vir jou ekstra bemoediging in hierdie kosbare oomblikke met Here, ek weet U luister.

    65 gebede vir jou stiltetyd word elk ondersteun deur ’n kort oordenking, kragtige teksverse en inspirerende aanhalings. Die temas sluit in lofgebede aan God, gebede vir jou huwelik, gesin en vriendskappe, jou werk en teleurstellings.

    Here, ek weet U luister beloof om jou gebedsoomblikke met God se teenwoordigheid te vul. Jy sal ongetwyfeld weet dat God daar is en dat Hy luister.

    Oor die Outeur

    Johan Smit het al meer as 100 boeke oor ’n verskeidenheid onderwerpe gepubliseer. Hy was predikant in die NG Kerk-gemeentes Wynberg, Bellville-Oos en Helderberg. Johan was ook vir baie jare ’n aktiewe medewerker by die Kerkbode en Lig. Hy is getroud met Nina en hulle woon in Somerset-Wes.