Hartsgesprekke Met (Sagteband)

    Hartsgesprekke Met (Sagteband)

    Marius du Plooy
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R139.95

    Wat sou mense soos Nelson Mandela, Jean de Villiers en Riaan Cruywagen vir jou sê as jy so ’n bietjie saam met hulle kon sit en gesels?

    Hartsgesprekke met ... bied raad, lewenswyshede en inspirasie van hierdie en ander baanbrekers. Die boek bevat onderhoude met sakeleiers, sportlui, kunstenaars en ander bekendes soos Natalie du Toit, Brand Pretorius, Regardt van den Bergh, Carike Keuzenkamp en Elvis Blue.

    Hartsgesprekke met ... vertel van harde werk, struikelblokke, drome, lewenslesse en ’n passie vir Christus. 

    Met hierdie versamelstuk kan jy waarlik agteroor sit en dit sal voel of jy saam om die koffietafel sit en stories uitruil. Die boek sluit af met ’n spesiale “onderhoud” met Jesus en word stylvol afgerond met pragtige swart-en-wit foto’s.

    Oor die Outeur

    Marius du Plooy was joernalis, radio-omroeper, TV-aanbieder, akteur en tydskrifredakteur. In die laat 1970’s was hy die SAUK se korrespondent in Holland en ook omroeper/verslaggewer by Radio Nederland in Hilversum. Daarna was hy joernalis by die dagblad Die Transvaler voordat hy verslaggewer en later redakteur van die RSG-aktualiteitsprogram Monitor geword het. In die 1980’s was hy mede-aanbieder van die eerste regstreekse tydskrifprogram op TV, Potpourri. Hy was ook akteur in verskeie TV-reekse en rolprente en het later sy eie skakelmaatskappy en advertensie-agentskap begin. Sedert hy in die Kaap nesgeskop het, is hy omroeper by Radio Tygerberg 104FM. Hy was ook jare lank redakteur van die glanstydskrif Indruk.