Hartsgebede (Hardeband)

    Hartsgebede (Hardeband)

    Carolyn Larsen
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R199.94

    60 gebede om jou te herinner om jou bekommernisse by God se voete te laat.

    Soms sit ’n mens voor God, maar dit wat in jou hart aangaan, is so oorweldigend dat die woorde jou bly ontbreek. Dit is in hiérdie behoefte wat Carolyn Larsen voorsien in Hartsgebede. Sy help jou om die regte woorde te vind en dié dinge wat jou pla te laat gaan.

    Dié volkleurboekie bestaan uit 60 gebede vir elke behoef­te. Dit is vir daardie oomblikke wan­neer jy weet dit is tyd om iets te laat gaan, maar jy weet nie hoe nie. Wanneer jou hart stukkend is en jy weer heel wil voel.  Wanneer dit voel of jy wil tou opgooi en jy God se krag nodig het. Wanneer jy voel asof jy niks werd is nie en daaraan herinner moet word dat jy God se meester­stuk is.

    Elke gebed gaan hand aan hand met ’n kort oor­denkingsgedagte en inspirerende teksvers. Prag­tige illustrasies deur Amylee Weeks en ’n onderwerp-indeks maak Hartsgebede die perfekte geskenk wat jou sal herinner dat God jou dra en dat jy jou be­kommernisse by sy voete kan laat.

    Oor die Outeur en illustreerder

    Carolyn Larsen is ’n skrywer, aktrise en ervare spreker met ’n Godgegewe passie om met vroue en kinders te werk. Sy het al by talle konferensies in Amerika, Kanada en Indië opgetree. Carolyn het al meer as 40 boeke vir kinders en volwassenes geskryf. Sy het al verskeie pryse daarvoor ontvang. Carolyn en haar man, Eric, woon in Glen Ellyn, Illinois. Hulle het drie volwas­se kinders en is trotse grootouers.

    Amylee Weeks is van Iowa en baie lief vir haar mense, God en kuns. Nadat sy haar graad in besigheidstudies voltooi het, het Amylee gedoen wat sy eintlik wou en ingeskryf by The Art Institute of Pittsburgh. Sy voel die dissipline van universiteit help haar om tyd aan haar kuns te wy terwyl sy twee kinders grootmaak en boonop voltyds werk. Amylee se kunswerke is ’n ware weerspieëling van haar geloof en vloei as’t ware uit haar hart.