Hartsgebede & Beloftes Vir Die Siel (Hardeband)

    Hartsgebede & Beloftes Vir Die Siel (Hardeband)

    Elize Parker
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R169.95

    R59.95

    Stap saam met Jesus en Sy dissipels deur die stofstrate van Jerusalem.

    Elize Parker bied jou die kans om as’t ware saam met Jesus en Sy dissipels te stap deur die stofstrate van Jerusalem, te beleef hoe Jesus Sy dissipels se voete was, die hartseer van die kruisiging te ervaar, die vreugde van die opstanding te ondervind en die Goddelike krag te voel met die uitstorting van die Heilige Gees. Hartsgebede en sielsbeloftes bevat 70 gebede oor die gebeure van voor die kruisiging af, tot en met Jesus se hemelvaart. Elk van hierdie gebede kom uit die hart en sal jou help om op meer as net ʼn intellektuele vlak te identifiseer met die boodskap van die Nuwe Testament. Elke gebed word voorafgegaan met ʼn gepaste teks, en opgevolg met ʼn belofte uit die Bybel om jou te bemoedig.

    Oor die Outeur

    Elize Parker is die skrywer van verskeie tydskrifverhale, kortverhale en romans. Sy het al verskeie boeke die lig laat sien, waarvan die jongstes Eersteling, Soos sagte kerslig en Gewete van klip is. Haar tweede dagstukkieboek, Hoor God se stem, het in 2014 verskyn. Sy is ’n gesoute joernalis en benewens haar skryfwerk bied sy verskeie radioprogramme aan.