Hande In Die Hare (Sagteband)

    Hande In Die Hare (Sagteband)

    Hettie Brittz
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R115.95

    “Dit is die klein dingetjies wat ons so laat “verdroog” en “blare afgooi”!  Aantrektyd, inkopietyd, badtyd, slaaptyd en etenstyd is mos oral berug as gesinsmeltpunte!

    Hettie Brittz is ’n voormalige spraakterapeut, wat sedert 2002 ouerskappraatjies en Immergroen Ouerskap- en skoolkursusse landswyd en oorsee aanbied, in samewerking met 300 geakkrediteerde fasiliteerders en konsultante. As motiveringspreker het sy gereelde optredes, radio-praatjies en TV-insetsels oor ouerskap en skooldissipline.  Buiten haar ses vrygestelde boeke (drie reeds in Engels vertaal) en die ontwikkeling van vyf ouerskap kursusse, gee sy gereeld raad en advies op haar fb blad en webwerf. 

         In Hande in die hare deel sy van hierdie juwele vir elke ouer en versorger.  “Dit is die klein dingetjies wat ons so laat “verdroog” en “blare afgooi”!

         Aantrektyd, inkopietyd, badtyd, slaaptyd en etenstyd is mos oral berug as gesinsmeltpunte!

         Hopelik gee hierdie aan elkeen wat dit lees ʼn nuwe hart oor ouerskap, maar ook ʼn handvol praktiese toerusting vir uitdagings soos: "Hoe tem 'n mens 'n baba met kloue", "Ontlont konflik op die regte tyd" en "Vyf maniere om winkel-tantrums te voorkom".

         Dis my gebed dat hierdie weeklikse wenke jou sal help om nie alleen of moedeloos te voel in die groot taak van ouerskap nie. Mag dit jou uitdaag, aanspreek en bemoedig.” – Hettie Brittz

    Oor die Outeur

    Hettie Brittz is getroud met Louis, en hulle het drie kinders. Sy is die stigter van Immergroen Ouerskap en Tall Trees Profiles, wat leierskapontwikkeling en verhoudingsgroei in gesinne, gemeentes, besighede en skole aanbied. As motiveringspreker het sy gereelde optredes, radiopraatjies en TV-insetsels oor ouerskap en skooldissipline.