Haar Ma Se Kind (Sagteband)

    Haar Ma Se Kind (Sagteband)

    Hugo H
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R189.00

    R95.00

    Hoe lank neem dit 'n leuen om jou in te haal?

    Jo-Anne Stals woon in Londen. Sy besluit om die leuen waarmee sy al so lank leef uit die weg te ruim. Dit raak egter haar ouers en veral haar ma, Dora, en ook haar dogter, Dania. Sy weet nie of sy die regte ding doen nie. Dalk doen sy eindelik die regte ding, maar op die verkeerde tyd? Dora is ’n steunpilaar in die gemeenskap, maar as gevolg van haar werk as verpleegsuster en liefdesdade as kerksuster is sy op die rand van ineenstorting. Sal sy Jo-Anne se optrede oorleef?

    Oor die skrywer

    Die veelsydige Helena Hugo was onder meer aktrise, dramadosent en uitgewer. Sy skryf en regisseer sedert 1978 vir die radio – kleuterstories, jeugdramas asook sepies soos Blinkwater en die onlangse Mooi mense. Voeg hierby 8 enkeldramas waarvan 3 met RSG/Sanlamdramawedstryd-eerstepryse bekroon is en een, Swane, met ’n ATKV-veertjie.

    Deesdae skryf sy voltyds vir verskeie uitgewers en 52 boeke het reeds uit haar pen verskyn. Tien van haar liefdesverhale het vir Tafelberg by Hartklop, Melodie en Satyn verskyn.

    In 2013 neem sy vir eers afskeid van die genre en spits haar toe op Christelike fiksie. Haar naam is Ragel verskyn in 2013 by Lux Verbi/Tafelberg. Dit word in 2014 opgevolg met topverkopers Marta en Ter wille van Talita.

    Helena is getroud met Henk Hugo en hulle woon in Roodepoort. Daar is drie kinders uit die huwelik gebore – Eben, ’n webmeester met ’n MA in filmgeskiedenis, Helena, ’n intenasionaal-erkende portretskilder en Sanet, ’n voltydse navorser met ’n PhD in dierkunde.