Gwendoline en die Bet-El Kids Het Vrede (DVD)

    Gwendoline en die Bet-El Kids Het Vrede (DVD)

    Gwendoline & die Bet-El Kids
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 1 week
    R99.96

    ‘n Energieke saamsing-album met polsende geestelike treffers vir kinders.

    Gwendoline en die Bet-El-kids het Vrede, is ‘n tweede in dié reeks en is ‘n energieke saamsing-album met polsende geestelike treffers vir kinders tussen die ouderdomme van 2 en 10 jaar. Al is kinders die teikenmark erken talle ouers dat hulle lank nadat die kinders ophou luister het, nog lustig saamsing! Die liedjies sluit in Vrede in Suid-Afrika (wat met ‘n massa-dans van graad 1’s, 2’s en 3’s gedans word), Rooi-Dag-Medley, Superhero Jesus, Vrede (op die wysie van die bekende ken-wysie, Heidi) en Deur Sy Wonde is Ek Gesond.

    In Gwendoline en die Bet-El-kids gaan kuier die gesin by hul oupa en ouma op die plaas. Op die plaas ervaar hulle Sy vrede, beleef baie pret en ken Jesus in alles wat hul doen. Gwendoline en haar kinders sing en dans op nuwe en bekende wysies, alles geïnspireer uit die Woord van God. Kom kuier saam op die plaas en sien hoe lekker die lewe saam met Jesus kan wees! Al die liedjies op Gwendoline en die Bet-El-kids het Vrede bevat ook dansbewegings wat vir die kleinspan wys hoe hulle vir Jesus kan jubel en juig.

    Oor Gwendoline

    As gospel-sangeres het Gwendoline reeds diep spore getrap. Gwendoline en die Bet-El-kids is benoem vir ‘n Ghoema-toekenning vir beste kinder-album in 2013. Haar volwasse album, WOORD, is in 2011 as beste Afrikaanse album benoem met die SABC Gospel Crown-pryse asook in 2009 vir ‘n Rapport Vonk-toekenning as beste geestelike album. In 2009 het sy die ATKV-Lier as beste vroulike geestelike kunstenaar gewen.