Groot Gebedeboek Herdruk (Hardeband)

    Groot Gebedeboek Herdruk (Hardeband)

    Piet Naude
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R230.00

    Die Groot Gebedeboek bevat meer as 500 klassieke en eietydse gebede. Meer as 300 mense -- van verskillende tye en kulture -- stort in aangrypende gebede hul emosies, probleme, worsteling én hul liefde vir en verwondering oor God uit.
         Dié omvattende bundel kan gebruik word as dagboek vir 366 dae (met Skrifgedeelte en gebed), maar ook as naslaanbron vir verskillende behoeftes en geleenthede. Die Groot gebedeboek bevat indekse om temas, outeurs en voorgestelde Skrif-leesgedeeltes na te slaan.
         ’n Onontbeerlike klassieke boek in ‘n nuwe baadjie.

    OOR DIE OUTEUR

    Piet Naudé is professor in Christelike studies en etiek aan die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth. Behalwe in kerklike kringe, is hy tans ook wyd bekend en betrokke by bestuurs- en etiese sake, onder meer as direkteur van die Sentrum vir Professionele Etiek en president van BEN-Africa (Business Ethics Network of Africa). Hy is ’n gereelde rubriekskrywer vir Lééf en lewer bydraes vir die Sunday Times.