Goeie Leiers Vra Die Regte Vrae (Sagteband)

    Goeie Leiers Vra Die Regte Vrae (Sagteband)

    John C Maxwell
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R179.95

    R143.96

    In Goeie leiers vra die regte vrae verken John C. Maxwell die proses van hoe om ’n suksesvolle leier te word deur die regte vrae te vra en tot jou voordeel aan te wend. Wat is die vrae wat leiers hulleself behoort te vra? Watter vrae moet hulle hul spanlede vra? Hy reageer dan op van die taaiste leierskaptameletjies wat leiers onder sy aandag gebring het.
    Deur middel van sosiale media het John Maxwell aan leiers die geleentheid gebied om vrae te stel oor hoe om hul volle potensiaal te bereik. Hy het toe 70 vrae oor die gewildste onderwerpe gekies, waaronder:

    Hoe kan ek my unieke doel as leier ontdek?

    Wat is die belangrikste daaglike gewoonte wat ’n leier behoort
    aan te leer?

    Hoe motiveer jy iemand wat geen dryfkrag het nie?

    Hoe werk jy saam met ’n moeilike leier wat geen visie het nie?
    Goeie leiers vra die regte vrae is ’n deeglik deurdagte antwoord aan daardie leiers en aan elkeen wat voel dat hulle ’n plato
    bereik het op hul leierskapreis. Elke leier het die potensiaal om verder te groei. Die raad in hierdie boek sal
    lesers help om hulle huidige posisie te evalueer en ’n effektiewe plan te ontwikkel om hul doelwitte te bereik