Goeie Werke Of God (Sagteband)

    Goeie Werke Of God (Sagteband)

    John Bevere
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R199.94

    R159.95

    Dit wil voorkom of die terme “goed” en “God” deesdae sinoniem is. Ons glo dat dit wat oor die algemeen as goed beskou word, in lyn met God se wil moet wees. Vrygewigheid, nederigheid, geregtigheid – goed. Selfsugtigheid, arrogansie, wreedheid – boos.

    Die onderskeid blyk tog duidelik te wees. Maar is dit al wat dit behels?

    Indien “goed” dan so voor die hand liggend is, hoekom sê die Bybel dan dat ons onderskeidingsvermoë moet hê om dit te identifiseer? Goeie werke of God? is nie net nóg ’n selfhelp-boodskap nie. Hierdie boek sal baie meer doen as om jou te vra om jou gedrag en gesindheid te verander. Dit sal jou in staat stel om op so ’n vlak met God te kommunikeer dat dit elke aspek van jou lewe sal verander.

    Oor die Outeur

    John Bevere en sy vrou Lisa is die stigters van Messenger International. As leraar en topverkoperskrywer, lewer John beginselvaste boodskappe en waarhede deur middel van bekroonde kurrikulums en topverkoperboeke, wat reeds in meer as 60 tale vertaal is. Dit sluit boeke soos Die strik van Satan, Wie My eer, sal Ek eer en Word bevry van intimidasie in. Hy is ’n internasionale spreker en mede-aanbieder van die “The Messenger”-TV-program wat wêreldwyd uitgesaaiword. John en sy vrou en hul vier kinders woon in Colorado Springs in die VSA.