God, Waarom Lyk Die Wereld So? (Sagteband)

    God, Waarom Lyk Die Wereld So? (Sagteband)

    Adrio Konig
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R179.95

    R143.96

    Besef dat God jou nooit verlaat nie en saam met jou in jou hartseer is.

    6 miljoen Jode sterf tydens die Tweede Wêreldoorlog in konsentrasiekampe. Dekades later sterf 230 000 mense ná ’n tsunami. Waar was God? Hoekom het Hy dit toegelaat?

    Oor die eeue wonder mense oor swaarkry en hoe ons moet dink oor God se betrokkenheid daarby. Adrio König kyk in God, waarom lyk die wêreld so? na teorieë van teoloë soos Calvyn en Arminius, wat geredeneer het oor of God die kwaad net toelaat, of beskik.

    Die eerste hoofstuk van God, waarom lyk die wêreld so? vertel ware verhale van mense wat van die geskiedenis se grootste gruwels beleef het, byvoorbeeld die groot Jodeslagting (Holocaust) van die Tweede Wêreldoorlog wat ’n agtergrond bied waarteen die boek gelees kan word. Die boek sluit ook af met ’n bylaag swart-en-wit foto’s.

    Op die ou end kan ons net weet: Ons verstaan dikwels nie hoekom slegte dinge in die wêreld gebeur nie. In plaas daarvan om met leë woorde te probeer troos, moet ons besef dat God ons nooit verlaat nie en saam met ons in ons hartseer is.

    Oor die Outeur

    Adrio König se grootste belangstelling is die Bybel self. Hy was 40 jaar betrokke by Unisa en het die voorreg gehad om met teoloë uit baie ander kerke saam te werk. Dit het in hom ’n ruimheid geskep vir ander se oortuigings. Adrio is getroud met Hermien. Hulle het drie kinders, Mari, Carina en Friedrich, en vyf klein-kinders, Guillaume, Helet, Wiets, Ilani en Joy. En almal dien die Here.