Sien waar toe is God in staat wanneer jy jou geloof en vertroue in Hom plaas.
God van wonders deur Angus Buchan is propvol getuienisse wat die goedheid en genade van God in die lewens van gewone mense weerspieël.
Die boek deel wonderlike verhale van gebede in verskillende situasies wat beantwoord is van verlossing en bevryding, genesing, voorsiening en ongelooflike geleenthede tot bekering.
Net soos Jesus in die Bybelse tyd wonderwerke gedoen het nie om Homself te bewys nie, maar omdat Hy ontsaglik lief was vir die mense om Hom doen God vandag nog wonderwerke. Die 40 ware verhale wat Angus oorvertel in God van wonders sal lesers opnuut laat nadink oor God se ongelooflike krag. Die boek word ook afgerond met persoonlike getuienisse.
God is ’n God van wonderwerke en God van wonders vertel waartoe Hy in staat is in die lewens van gelowiges wanneer hulle hul geloof en vertroue in Hom plaas.
Ook beskikbaar in Engels onder die titel God of the Impossible
Oor die skrywer
Angus Buchan het die roeping ervaar om die evangelie te verkondig, en in 1980 stig hy Shalom Ministries in Suid-Afrika. Hy skryf, neem TV-boodskappe op en reis om die word van God aan mense wêreldwyd te bring. Hy is voltyds evangelise n ‘n gewilde spreker. Angus en sy vrou, Jill, bly op die plaas Shalom in die KwaZulu-Natalse Middelland.
-
By
Angus Buchan
-
Category
Christelike Leefwyse
-
SKU
9781431613250
-
Barcode
9781431613250
-
Size
148 x 210 mm
-
Department
Afrikaanse Boeke
-
Number of Pages
244 pp
-
Language
Afrikaans
-
Weight (kg)
0.3230
-
Format
Sagteband
-
Publisher
Christelike Uitgewersmaatskappy
1
Ek ken jou handel en wandel. Kyk, Ek het ’n geopende deur
voor jou gegee en niemand kan dit weer toemaak nie. Al
het jy ook net beperkte krag, het jy my boodskap nogtans
gehoorsaam en My nie verloën nie.
– Openbaring 3:8
Wanneer die Here deure oopmaak, kan niemand dit weer
toemaak nie. Wanneer dit sy wil en doelwit is dat iets bereik
moet word, weet Hy hoe om te sorg dat al die besonderhede in
plek val. Om uit eie krag deure te probeer oopdwing, lei net tot
frustrasie. Ons moet eerder tyd by die Here deurbring om uit te
vind wat sy wil is.
Deur die jare heen het die Here vir ons baie deure oor die
wêreld heen oopgemaak. Ons hoef nooit te smeek vir geleent-
hede om die evangelie te verkondig nie. Eintlik het ons soms
meer geleenthede as wat ons kan hanteer.
’n Besoek aan die Verenigde Koninkryk was weer eens ’n
geleentheid wat God self gereël het. Hy het op die wonderbaar-
likste manier vir ons ’n deur oopgemaak.
David Harper is ’n Christenboer in Engeland. Hy het onein-
dig baie deernis met die boere omdat hulle deur ’n bitter moei-
like tyd gegaan het. Bek-en-klouseer het soveel hartseer en fi-
nansiële verlies mee gebring, en hy wou graag die evangelie van
Jesus Christus op groter skaal aan sy landgenote verkondig.
Terselfdertyd was hier in Suid-Afrika ’n ander boer wat be-
geer het om die evangelie oor die wêreld heen te verkondig. Dit
was God se wil dat ek en David moes ontmoet. Dit het op die
vreemdste manier gebeur.
Bill Forbes, ’n vriend van David, het vir hom die boek Faith
Like Potatoes gestuur. Dit het ’n hele paar dae op David se bed-
kassie bly lê voordat hy dit begin lees het. Toe hy Uganda toe
moes vlieg, het hy besluit om die boek saam te neem en dit op
die vliegtuig te lees.
User Reviews