God Se Troos As Jy Swaar Kry (Sagteband)

    God Se Troos As Jy Swaar Kry (Sagteband)

    Nina Smit
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R150.00

    Ons almal ervaar soms dat die seer en swaar kry van die lewe ons voete onder ons laat uitgly. Daar gebeur dinge met ons wat ons selfs laat twyfel aan God se liefde vir ons – onverklaarbare rampe wat ons nie met God se liefde vir ons kan laat rym nie. Veral wanneer hierdie seer en swaar kry lank aanhou, is dit baie moeilik om te bly glo en steeds op God te vertrou.

         God staan jou ook in jou swaarkrytye getrou by – Hy is altyd daar vir jou, gereed om jou regop te hou as jou voete wil gly.

     

    OOR DIE OUTEUR

     

    Nina Smit is een van Suid-Afrika se bekendste en gewildste skrywers. Sy is veral bekend vir haar inspirerende boeke vir vroue, maar het ook talle gesogte boeke vir kinders geskryf. Een van haar dagboeke is in Nederlands vertaal, en haar jeugboek Net jy en Jesus 1 het die CBSA Beste Publikasie Toekenning in 1997 ontvang. Sy is getroud met `n predikant, Johan Smit, en die egpaar het drie kinders.