God Se Storie, My Storie (Sagteband)

    God Se Storie, My Storie (Sagteband)

    Jaco Thom
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R139.00

     God se storie, my storie gee tienermeisies die geleentheid om die Nuwe Testament in ’n jaar deur te lees, en te verstaan! Jaco Thom het die teks in storie-formaat geskryf, sodat dat op ’n interessante manier met meisies se harte sal praat. Die nuwe benadering maak dit ook makliker om te lees en ook om te verstaan.

         Vir elke dag vir die week is daar ’n dagstukkies en ’n verwysing vanuit die Bybel. Aan die ander gedeelte van die bladsy kry die leser kans om te dink en te skryf oor die joernaalvrae wat gegee word. Op so ’n manier skryf elke meisie ook haar eie storie. Wat dit nog meer spesiaal maak is dat sy aan die einde van die jaar of selfs oor ’n paar jaar kan terug gaan en kyk hoe haar lewe op daardie oomblik gelyk het en ook hoe sy geestelik gegroei het.

         Hierdie is beslis ’n nuwe uitkyk op ’n Bybeldagboek. Dit is nie net nog ’n dagstukkie wat deur iemand geskryf is nie, dit is ’n dagstukkie uit God se pen vir jou!

     Oor die Outeur

     JACO THOM is bekend as skrywer van verskeie topverkoper Bybelse romans. Boeke soos God se Storie, Soos ’n Engel van die Lig en Die Antichris het al duisende verkoop en inspireer steeds talle lesers. Jaco is getroud met Elmien, het drie dogters en woon in die Paarl.