God Se Meisiekind (Sagteband)

    God Se Meisiekind (Sagteband)

    Wynter Pitts
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Release December 2017

    R119.95

    R95.96

    52 Inspirerende dagstukke help ampertiener-meisies hulle ware self in God ontdek.

     

    Jong meisies wonder soms: Wie is ek?  Dit verras hulle dikwels om te ontdek hulle is nie wie ander sê hulle is of wie hulle dalk self dink hulle is nie. Net God weet wie ons elkeen werklik is. 

    In haar inspirerende dagboek God se meisiekind help Wynter Pitts ampertiener-meisies om God se waarhede hieroor raak te sien. In 52 dagstukkies ontdek hulle:

    ·       Wie God hulle gemaak het om te wees

    ·       Hoe uniek en spesiaal hulle is

    ·       Hoe hulle in hierdie wêreld pas

    Ampertiener-meisies sal ontdek daar is niks meer bevredigend as om elke dag tyd saam met God deur te bring en die goddelike eienskappe van vriendelikheid, gehoorsaamheid en getrouheid uit te leef nie. 

    God se meisiekind sal jong meisies help om hulleself deur God se oë te sien en sy waarhede toe te laat om ’n werklike verskil in hulle lewens te maak. 

     

    Oor die outeur

    Wynter Pitts is die stigter van For Girls Like You, ’n bediening van jong meisies toerus om werklik uit te leef wie God hulle geskep het om te wees en ouers toerus om sterk Christus-volgelinge groot te maak wat God se plan vir hulle lewe uitleef. Sy woon in Dallas, Texas, saam met haar man, Jonathan, en hulle vier dogters.