God Se Groot Plan Vir My/Storiebybel (Hardeband)

    God Se Groot Plan Vir My/Storiebybel (Hardeband)

    Rick Warren
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R199.95

    R159.96

    Veertig gewilde Bybelstories om kinders hul Godgegewe doel hier op aarde te leer – van Adam en Eva tot Jesus se wonderwerke.

    Pastoor Rick Warren se topverkoper Die doelgerigte lewe het meer as 32 miljoen eksemplare verkoop. Nou kan kinders ook leer wat God vir hul lewe wil hê danksy die 40 Bybelstories in dié boek. Deur die verhale van  karakters soos Moses, Josef, Daniël, Ester en Dawid vind kleintjies elke dag uit wat God van hulle verwag en hoe hulle moet leef.

    Van die temas sluit in:

     God vertrou jou
     God wil jou vriend wees
     Wat vir God die belangrikste is
     Die rede vir alles

    Liriese teks, pragillustrasies en nuttige punte vir bespreking en nadenke aan die einde van elke storie, sal verseker dat kleuters nie kan wag om te ontdek wat hul lewensdoel is nie.

    Oor die Skrywer

    Rick Warren is ’n pastor, skrywer en filantroop. In 1980 stig hy en sy vrou, Kay, die Saddleback Church in Kalifornië wat vandag uit 30 000 lidmate bestaan, met meer as tien satellietkampusse dwarsoor die wêreld. Sy bekendste boek, The Purpose Driven Life, het 33 miljoen eksemplare verkoop. As teoloog het hy al klasgegee by Oxford, Cambridge, Harvard sowel as dosyne ander universiteite en kweekskole. Hy is ook ’n strateeg wat al praatjies gelewer het voor die Verenigde Nasies, die Amerikaanse kongres, die Davos Ekonomiese Forum, die Aspen-instituut en talle parlemente.