God Se Groot Liefde Vir Jou (Hardeband)

    God Se Groot Liefde Vir Jou (Hardeband)

    Rick Warren
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R99.94

    R85.00

    God se groot liefde vir jou deur die New York Times-topverkoperskrywer en bekende pastor Rick Warren neem kinders op ’n fantasiegevulde hartsreis waarin hulle ontdek God se liefde is by jou, maak nie saak waarheen jy gaan nie.

         Die pragtige illustrasies deur Chris Saunders bring hierdie belangrike, tydlose boodskap nog sterker tuis, en sal hierdie boek aand-vir-aand kinders se voorkeurkeuse vir ʼn slaaptydstorie maak.

     

    Oor die Outeur

     

    Rick Warren is ’n pastor, skrywer en filantroop. In 1980 stig hy en sy vrou, Kay, die Saddleback Church in Kalifornië wat vandag uit 30 000 lidmate bestaan, met meer as tien satellietkampusse dwarsoor die wêreld. Sy bekendste boek, The Purpose DrivenLife, het 33 miljoen eksemplare verkoop. As teoloog het hy al klasgegee by Oxford, Cambridge, Harvard sowel as dosyne ander universiteite en kweekskole. Hy is ook ’n strateeg wat al praatjies gelewer het voor die Verenigde Nasies, die Amerikaanse kongres, die Davos Ekonomiese Forum, die Aspen-instituut en talle parlemente. www.rickwarren.orgChris Saunders is ’n bekroonde illustreerder wat graag stories vertel met sy kunswerke. Hy het aan die Universiteit van Northampton studeer en eers grafiese ontwerp gedoen voordat hy hom op kinderboeke begin toespits het. Hy skep graag sagte, atmosferiese tekeninge in digitale formaat, maar sy waterverf en potlode is nooit ver weg nie.