God Se Arms Om Jou (Hardeband)

    God Se Arms Om Jou (Hardeband)

    Nina Smit
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 3 weeks
    R179.99

    God wil sy arms om jou sit en jou vashou.

    As vrou het jy ’n spesiale roeping. Jy is hier om jou gesin en vriende lief te hê, jou werk te verrig en die wêreld mooier te maak soos net jy dit kan doen. Om hierdie unieke roeping uit te leef, is nie maklik nie. Mense is liefdeloos, die lewenstempo genadeloos en die druk op jou soms te veel om te dra. 

    Waar kan jy dan troos en koestering soek? Waar kan jy weer energie en nuwe hoop vind om aan te hou en uit te hou?

    God wil sy arms om jou sit en jou vashou. Sy arms is nie kort om te help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie. Hierdie inspirerende boodskap deel Nina Smit met jou in God se arms om jou.

    Jou krag vir die dag kom uit ’n Bybelvers. Daar is genoeg vir die hele jaar.

    Hoe dié beloftes, aanmoedigings en rigtingwysers jou lewe prakties verander, kan jy lees in die dagstukkie by elke vers. Hulle is ingedeel volgens 52 temas sodat jy elke week in diepte iets nuuts van jou Skepper en sy liefde leer. Vir die naweek, wanneer jy tot stilstand kom, is daar ’n gebed. En daar is skryfplek vir jou gedagtes en gevoelens – en jou ervarings hoe mense mekaar aanraak.

    Oor die Outeur

    Nina Smit is die gewilde skrywer van verskeie topverkoper-boeke. Sy en haar man, Johan, woon in Somerset-Wes. Hulle het drie kinders en is ook trotse grootouers.