God Roep Jou Tot 'n Dieper Lewe (Hardeband)

    God Roep Jou Tot 'n Dieper Lewe (Hardeband)

    Nancy Taylor
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Release November 2017
    R249.95

    366 oordenkings waarin jy God se almagtige stem uit die Skrif met jou hoor praat.

     

    Wens jy ooit die hemel sal oopskuif sodat God in ʼn hoorbare stem met jou kan praat? Lees jy soms jou Bybel, maar verstaan nie wat God vir jou probeer sê of hoe om die woorde op jou lewe van toepassing te maak nie?

    Die waarheid is God praat wel met jou – die hele tyd. Hy praat met jou deur die natuur, jou omstandig­hede, en ook deur die klein stemmetjie in jou hart. Maar Hy praat meestal met jou deur sy Woord.

    In God roep jou tot ’n dieper lewe neem Nancy Taylor lesers op ʼn reis van 366 dae waarin sy hulle help om die gaping tussen die ewige, onveranderlike woorde in die Bybel en dit wat in ons harte is te oorbrug. Deur parafrases uit die Bybel te herskryf asof dit God se stem is, sal lesers God direk met hulle hoor praat as hulle na sy stem in die Skrif luister.

    Word bemoedig deur hierdie oordenkings wanneer jy stil word en versigtig luister na God se almagtige stem. God praat vandag met jou, kan jy Hom hoor?

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel God's Call to A Deeper Life

     

    Oor die outeur

    Nancy Taylor is ʼn vryskut-skrywer en redakteur wat al aan honderde boeke vir verskeie uitgewers gewerk het, veral op die gebied van teologie en Christelike leefwyse. Sy het ʼn graad in Engels en Christelike onderrig behaal aan Wheaton College. Nancy, haar man en hulle vyf kinders bly in Illinois.