God Op Soek? (Sagteband)

    God Op Soek? (Sagteband)

    Frits Gaum
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 3 weeks
    R220.01

    Waar ís God?

    En waar wás God?

         Waar was God toe derduisende Boerevroue en hulle kinders in Engelse konsentrasiekampe gesterf het? Waar was God toe Christennasies mekaar met die Eerste en Tweede Wêreldoorloë aan die keel gegryp het? Waar was God toe apartheid mense se lewens verwoes het? Waar was God met 9/11 in Amerika toe terroriste, nogal in die naam van Allah, in geboue vasgevlieg en duisende mense se dood veroorsaak het? Waar was God met Sharpeville? En met Marikana? Waar was God toe booswigte ‘n Vrystaatse boer en sy vrou afgemaai het toe hulle ná Sonda­goggend-kerk by die huis aangekom het? Waar was God toe ‘n kindjie van vier in ‘n fratsongeluk dood is?

    Waar wás God? Ís daar ooit ‘n God?

         Oor sulke vrae, wat tot in die hart van ons bestaan gryp, gaan dit in hierdie boek. Oor ons geloof en twyfel, oor ons “seker­hede” en ons wanhoop.

    Dis ‘n boek wat jou uitnooi om saam te dink. En by nóg vrae uit te kom. En, dalk, by antwoorde.

    Oor die Outeur

    FRITS GAUM het in die teologie, letterkunde en joernalistiek studeer. Hy was predikant en redakteur, moderator van die Wes-Kaapse Sinode van die NG Kerk, is die skrywer van die bekroonde Fluit-fluit, die kerk is uit? en hoofredakteur van die Christelike Kernensiklopedie. Hy skryf omdat dit vir hom help en, wie weet, dalk ook vir iemand anders. Hy is al vyftig jaar getroud met Henda en hulle het drie kinders en vyf kleinkinders.