God Fluister Jou Naam (Hardeband)

    God Fluister Jou Naam (Hardeband)

    Cherie Hill
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R229.95

    Hoor jy God wanneer Hy jou naam fluister en reageer jy daarop?

    God fluister vandag en elke ander dag jou naam. Maar hoekom fluister God wanneer Hy kan roep? Die antwoord is dat Hy naby genoeg is dat jy Hom kan hoor.

    God fluister jou naam is meer as net oordenkings; dit is 365 uitnodigings om te luister na God en die persoonlike boodskap wat Hy met jou wil deel. Met 52 temas soos geloof, gebed, vergifnis en verlossing, verseker Cherie Hill jou dat jy nader aan God kan groei in alle areas van jou lewe. Daar is ook ’n indeks van die temas agter in die boek.

    Geskryf asof God self met jou praat, maak dié volkleur-dagboek dit duidelik dat Hy in ’n verhouding met jou wil staan.

    Laat God toe om jou geloof te versterk wanneer jy hoor hoe Hy jou naam fluister.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel He Whispers Your Name.

    Oor die Outeur

    Cherie Hill is die stigter van ScriptureNow.com wat God se Woord al vir meer as tien jaar na tallose mense in meer as 30 lande bring. Sy het ’n BA-graad in psigologie en is opgelei in Bybelse berading. Sy is ’n topverkoper-outeur van Christelike boeke op Amazon.com. Cherie is ’n mede-outeur van verskeie aanlyn Christelike tydskrifte. Sy bid daagliks dat God se liefde en genade deur haar na die lewens van ander sal vloei.